OPSA Betalingsbeleid

(31 Januarie 2026)

OPSA is verbind tot toeganklike, bekostigbare en deursigtige opvoedkundige dienste. 

Hierdie beleid verduidelik ons lidmaatskap-siklus, produkte, betaalmetodes en betalingsvoorwaardes om duidelikheid en konsekwentheid vir alle lede te verseker.

1. Lidmaatskap-siklus (Kalenderjaar)

OPSA se lidmaatskap werk in jaar-siklusse vanaf 1 Januarie tot 31 Desember van elke jaar. Alle lidmaatskapberekeninge (jaarliks, maandeliks en pro-rata) word binne hierdie siklus gedoen.

2. Produkte en betaalmetodes

OPSA bied twee hoof tipes produkte/dienste met verskillende betaalmetodes:

  • 2.1 Eenmalige voorafbetaling (bv. Assessering / eenmalige produkte)
    Hierdie produkte word vooraf betaal. Aan die einde van die registrasieproses moet die PayFast-betaling voltooi word om die produk te aktiveer.

  • 2.2 Lidmaatskap (dag-tot-dag programme en soortgelyke dienste)
    Lidmaatskapfooie word vooraf betaal. Aan die einde van die registrasieproses voltooi u die PayFast-stap en kies:

    • Jaarlikse betaling (eenmalig, vooruit), of

    • Maandelikse betaling (vooruit via PayFast herhalende betaling).

3. Registrasie, proeftydperk en wanneer betaling begin

  • Die PayFast-betalingsstap word voltooi aan die einde van die registrasievorm.

  • Tydens registrasie moet u u voorkeur-betalingsopsie kies:

    • Jaarlikse betaling (eenmalig, vooruit), of

    • Maandelikse betaling (vooruit via PayFast herhalende betaling).

  • Betaling begin outomaties volgens u registrasie-keuse:

    • Indien u sonder proeftydperk aansluit, word betaling onmiddellik geaktiveer.

    • Indien u met die 14-dae proeftydperk aansluit, word geen betaling gedurende die proeftydperk verwerk nie, en betaling word geaktiveer wanneer die proeftydperk verval.

  • Indien u die lidmaatskap voor die einde van die 14-dae proeftydperk kanselleer, sal geen betaling afgaan nie. Stel asseblief finance@opsasupport.co.za in kennis om binne die proeftydperk te kanselleer.

  • Indien u wil hê dat die betaal-/aftrekkingsdatum na ’n meer gepaste datum verskuif moet word, e-pos asseblief finance@opsasupport.co.za en OPSA Finansies sal die datum vir u aanpas.

4. Jaarlikse betaling (eenmalig, vooruit)

  • Lede kan kies om lidmaatskap eenmalig vir die jaar vooruit te betaal.

  • Indien ’n lid later in die jaar aansluit (of eers ná ’n proeftydperk voortgaan), word die jaarbedrag pro-rata bereken vir die res van die lidmaatskap-siklus (kalenderjaar).

5. Maandelikse betaling (vooruit) en pro-rata “smoothing”

Indien u maandelikse betaling kies, pas OPSA ’n pro-rata “smoothing”-metode toe wanneer aansluiting mid-maand plaasvind, of wanneer die proeftydperk mid-maand verval. Dit versprei die eenmalige pro-rata impak oor die oorblywende maande in die lidmaatskap-siklus om kontantvloei druk te verminder.

  • Wanneer word pro-rata toegepas?
    Indien u in die middel van ’n maand aansluit, of indien die 14-dae proeftydperk mid-maand verval.

  • Hoe word dit bereken?
    Die pro-rata vir die aansluitingsmaand (vanaf die aansluitingsdatum / die dag ná die proeftydperk verval tot die einde van daardie maand) word bereken en dan deur die aantal maande wat in die lidmaatskap-siklus oor is gedeel.

  • Hierdie gedeelde pro-rata bedrag word dan by die normale maandelikse lidmaatskapfooi gevoeg om die minste impak op kontantvloei te hê.

6. Finansiële aktiwiteitstate en rekonsiliasie

  • OPSA sal een keer per maand finansiële aktiwiteitstate stuur wat u finansiële rekords en transaksies weerspieël.

  • Betaling sal outomaties plaasvind op u aansluitingsdatum (of die datum waarop u proeftydperk verval, of enige alternatiewe datum wat met OPSA Finansies gereël is).

  • Lede moet verseker dat alle transaksies korrek op hierdie state weerspieël.

  • Indien enige transaksie nie verskyn of nie rekonsilieer nie, moet lede OPSA Finansies so gou as moontlik in kennis stel deur te e-pos na finance@opsasupport.co.za.

7. Nie-betaling en toegangsbeperkings

  • Indien ’n rekening een maand agterstallig is, sal OPSA die lid in kennis stel om die uitstaande bedrag reg te stel.

  • Indien ’n rekening twee maande agterstallig is, kan toegang tydelik opgeskort word totdat die rekening op datum is of ’n goedgekeurde reëling in plek is.

  • Indien ’n rekening drie maande agterstallig is sonder ’n ooreengekome reëling, kan dienste permanent opgeskort/beëindig word.

8. Geen aansluit- of administrasiefooie

OPSA hef geen aansluit- of administrasiefooie met registrasie nie.

9. Konsekwente fooie

Die fooi wat u by aansluiting betaal, bly dieselfde vir die duur van u kind se skoolloopbaan by OPSA, as ’n lojaliteitsbeginsel (tensy OPSA ’n produkstruktuur of beleid moet aanpas en lede behoorlik in kennis stel).

10. Gesinsafslag (meer as een kind)

  • Fooie geld slegs vir die eerste drie kinders uit dieselfde huishouding.

  • Die vierde kind (en enige addisionele kinders) kan gratis aansluit.

11. Verwysingsafslag

Verwys iemand na OPSA, en vir elke suksesvolle inskrywing ontvang u ’n eenmalige afslag as dankie vir die groei van die OPSA-gemeenskap.

12. Finansiële verligting en betalingsreëlings

Indien u finansiële druk ervaar, kontak asseblief finance@opsasupport.co.za so gou as moontlik. OPSA kan, op meriete, reëlings oorweeg soos betalingsplanne, tydelike uitstel, of ander toepaslike oplossings.

13. EFT-betalings (uitsonderlik)

EFT-betalings word slegs in uitsonderlike gevalle toegelaat en elke geval word op meriete beoordeel. EFT word veral oorweeg vir tutor-sentrums wat namens leerders betaal, en kan met OPSA Finansies gereël word.

14. Terugbetalings en geskille

  • Terugbetalings word nie normaalweg toegestaan nie, behalwe waar OPSA ’n fout gemaak het.

  • Faktuur- of betalingsgeskille moet binne 30 dae aan OPSA Finansies gerapporteer word deur te e-pos na finance@opsasupport.co.za.

15. Tutor-sentrum afslag

Spesiale afslag is beskikbaar vir tutor-sentrums wat veelvuldige leerders inskryf. Kontak ons gerus direk vir meer inligting.

16. Wysigings

OPSA behou die reg voor om hierdie beleid te wysig. Lede sal van betekenisvolle veranderinge in kennis gestel word via e-pos en/of die OPSA webwerf.

17. Kontak

Vir enige betalingsverwante navrae, e-pos asseblief: finance@opsasupport.co.za